top of page

'n Blog vir my Pa

  • Writer: arlawrenson
    arlawrenson
  • Jun 3
  • 1 min read

Ek sit vanaand hier en dink terug.


Wat het my pa vir my beteken?


Miskien moet ek bietjie terug gaan delf in my foto's.🤣




So dit het die trick gedoen❤️


My pa, die "funny bunny" 😂. Soos wat ek terugdink, onthou ek my pa, hy was altyd die een wat grappies gemaak het. Hy het altyd saam met die kleinkinders gespeel. Springkasteel gespring, op die vloer gesit en koek eet, ge "wwe" rofstoei met die seuns op die gras.


Dit was my pa. Dan praat ons nie van die "stash" in die buitekamer nie 😁. Die skooltake vir die kinders en kleinkinders. Die groetetuine, houtwerk, prente met diagramme van alles wat hy nog wil maak, skelm afgeteken by die kwekery 😊. Die staaltjies uit sy verlede om die eetkamertafel.


Dan was daar daardie een liedjie wat die Johan en Hannes altyd moes op die kitaar speel : "Always on my mind" van Elvis Presley

Pa se kitaar song

Dit was my pa. ❤️


Wie is jou pa vir jou? Wat beteken hy vir jou?


Jip geld is nie alles nie, en wat jy koop of gee is nie belangrik nie. Sê vir pappa op hierdie Pappadag dat jy hom liefhet. Sit en luister na sy staaltjies. Gaan bou saam met hom die take vir die kinders. Of sit net langs hom en luister hoe die sproeier die grasperk natmaak. En asem die reuk in van die nat grond.


En as jou pappa nie vandag, soos myne, hier is nie. Sit agteroor, kyk op na die sterre en dink aan al die kere wat jul dit saam gedoen het.


Onthou hom, jou "Ultimate Dad".






 
 
 

Recent Posts

See All
Best of the Vaal

So sit en dink ek....Wat maak jou shop die "Best of the Vaal" Wat beteken die titel.🤔 Is dit net n sertifikaat om te sê ons ken meer mense as jy wat bereid is om hul naam, en email adres op die wêrel

 
 
 
Moedersdag

So lê ek gistraand en dink aan 2026 se moedersdag. Ek dink aan die mense wat in en uitgegaan het by die winkel. Die gesigte, die stories, die glinster in hul oë as hul van hul ma gepraat het. En in so

 
 
 
bottom of page