top of page

Moedersdag

  • Writer: arlawrenson
    arlawrenson
  • 5 days ago
  • 2 min read

So lê ek gistraand en dink aan 2026 se moedersdag.


Ek dink aan die mense wat in en uitgegaan het by die winkel. Die gesigte, die stories, die glinster in hul oë as hul van hul ma gepraat het. En in somige oë die hartseer van verlange.


Dan dink ek aan daardie een man. Uit al die customers, was dit die een man se woorde wat vasgesteek het, en my laat wonder het.


Sy woorde: "Moedersdag is net n geldmaakstorie"


Dit het my laat terugdink aan vorige moedersdae. Familietye, almal saam om vir Mamma dankie te sê.

Geld was nooit baie nie. So jy het n hartjie geteken en n paar woordjies geskryf. " Ek is baie lief vir Mamma" en vir jare en jare daarna het my moeder daardie prentjies gekoester.


Hoe kan jy dit sê, wonder ek weer en onthou almal om die ronde houttafel, lag gesels. Luister na pa se stories oor sy kinderdae.


Ja n ou klein geskenkie of briefie was daar altyd, en is daar nog altyd.


Maar dis nie hoekom ons dit koop nie. Dit gaan nie oor die geld nie!


Ek wens ek kon al die goed vir daardie man sê, maar ek was stomgeslaan.


So nou wil ek vir jou sê

Man van die winkel. Moedersdag is wat jy daarvan maak.

Glo my n briefie of R1000 geskenk is dieselfde werd in n moeder se hart.


Dit gaan oor daardie tydjie wat jy saam spandeer. Dis wat sy na hunker.


So as jy vergeet het om n geskenk te koop, of nie geld gehad het nie. Vat nou n papier. Skryf daarop wat sy vir jou beteken, druk dit in haar hand en gee haar n drukkie.


Vir al die moeders daar buite.


Ons is lief vir julle en waardeer julle vreeslik baie ♥️


 
 
 

Recent Posts

See All
Best of the Vaal

So sit en dink ek....Wat maak jou shop die "Best of the Vaal" Wat beteken die titel.🤔 Is dit net n sertifikaat om te sê ons ken meer mense as jy wat bereid is om hul naam, en email adres op die wêrel

 
 
 

Comments


bottom of page