'n Blog vir my Ma...
- arlawrenson
- 6 days ago
- 2 min read
Moeder, Ma, Moekies.....
Wat ookal ek haar genoem het. Ek was lief vir haar en tegnies gesproke, is nog lief vir haar.
Ek dink nie my liefde vir haar, sal ooit weggaan nie.
Ek persoonlik dink dit word net dieper en dieper, weird nê! Maar waar.
Ek begin nou verstaan my Moekies. Hoe Ma gevoel het, wanneer Ma by die huis gesit het, alleen.
Ek verstaan hoekom Ma altyd iets gekry het om Ma besig te hou. Ma se Suduko, hekel hier 'n ou dingetjie, hekel vir die kleinkinders se kinders babatruitjies, bak 'n lekker beskuit (nat of droog) maak 'n ou gedroggie Vetkoek vir as iemand dalk kom koffie dat daar altyd iets is om vir hulle te gee.
Selfs "trips" saam Oom Coenie en Tannie Anja hulle, ma se kampbuddies. Ek weet Ma het dit so geniet.
Dit alles het Ma gehelp, gehelp met die verlange na Ma se kinders, uitsien, verwagting van 'n kuiertjie, 'n koffie, 'n oproep of geselsie, net 'n ou halfuurtjie net om die stilte weg te vat, net om alles weer verdraaglik te maak.
Elke uurtjie, halfuur, 5 minute het vir Ma so baie beteken.
Het ek dit geweet? Nee ek het aangegaan met my lewe, (my besige lewe) die ergste van alles is ek, ja jou jongste dogter, jou kaalvoetkind het dit nie besef nie.
Vandag wil ek net vir Ma sê.
Ek weet jy is by Jesus, ek weet jy Pa en Ansie hou lekker Moedersdag daar bo.
Ek wil vra, vergewe my asb.
Ek het opgemors.
Ek is lief vir jou my Moekies.
Jou kaalvoetkind
Amanda
Cornelia Magdalena Marais (Corrie)
10 Oktober 1950 tot 11 Mei 2022



Comments